Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Capricorn Eagles mik op Victoria-reeks in Uganda ná intensiewe voorbereiding
    Die Capricorn Eagles is op pad na Uganda, waar hulle van 6 tot 14 November aan die Victoria-reeks deelneem. Kaptein Suné Wittmann sê die span het ná die onlangse viernasiesreeks in Namibië intensief aan hul fiksheid, krag en kondisionering gewerk, asook hul vaardighede opgeskerp. Namibië pak die gasheer Uganda in hul eerste wedstryd op 6 November, gevolg deur kragmetings teen die VSA en Rwanda. Wittmann sê daar is heelwat geleenthede vir die span om hulself internasionaal te bewys.
    1 min
  • Internasionale oefening toets wêreld se vermoë om kerntoetse op te spoor
    Namibië is die gasheer vir ’n internasionale kerntoets-verifikasie-oefening wat die wêreld se vermoë om moontlike kernwapentoetse op te spoor en te ondersoek, op die proef stel. Die oefening, wat deur die Omvattende Kernontoetsverbodverdragsorganisasie, die CTBTO, bestuur word, vind tot 20 November in die Erongo-streek plaas. Sowat 250 deelnemers van regoor die wêreld neem deel aan wat die organisasie se grootste en tegnologies mees gevorderde veld-oefening tot nog toe is. Namibië se ministerie van mynwese en energie is ook betrokke. Samuel Nengola het aan New Era verduidelik hoe ondersoek-spanne te werk gaan om verdagte aktiwiteite in ’n groot gebied stelselmatig te ondersoek en moontlike bewyse te identifiseer.
    1 min
  • SA Minister van Polisie stel die publiek gerus oor veiligheid tydens verkiesing
    Die SA polisie het kiesers verseker veiligheidsmaatreëls is ingestel terwyl Suid-Afrikaners vandag na die stembus gaan vir die plaaslikeregeringsverkiesing. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ná sy besoek aan die OVK se uitslagsentrum in Midrand, gesê die polisie werk saam met die OVK om 'n veilige en vreedsame verkiesing te verseker. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, waarsku wetteloosheid en enige gedrag wat die verkiesingsproses bedreig, sal nie geduld word nie:
    1 min
  • Dalende damvlakke wek kommer oor watersekerheid in die Suide
    Die Hardap-besproeiingskema maak gereed vir sy koringoes, maar dalende watervlakke by sommige van die suidelike damme laat kommer ontstaan oor die streek se watersekerheid. Die gesamentlike bronne van die land se ses suidelike damme het in slegs een week met 5,74 miljoen kubieke meter gedaal, met die Hardapdam wat die grootste afname toon. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels, wat sê dat dit verwag kan word, gegewe die hitte.
    1 min
  • Cimbebasia se 104 nuwe erwe wek vrae oor bekostigbaarheid en behuisingskrisis
    Die aktivis Shaun Gariseb het vrae oor die impak van Stad Windhoek se goedkeuring van Cimbebasia Uitbreiding 10, en waarsku dat 104 nuwe residensiële erwe skaars 'n duik in die hoofstad se massiewe behuisingsagterstand sal maak. Hy sê dat met ongeveer 24 000 mense op die munisipaliteit se waglys wat dekades terug dateer, hoë ontwikkelingskoste die risiko loop om onbewoonde behuising te skep wat onbekostigbaar is vir middel- en lae-inkomste inwoners. Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Woensdag, 4 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Duurder brandstof en verskillende pryse op verskillende dorpe - motoriste het vanoggend sommer met die verkeerde voet in die kar geklim. Energieminister Modestus Amutse het padwoede so bietjie probeer briek.
    En plaaslike genoteerde telekomsreus MTC, met die regering as grootste aandeelhouer, mag nou die staat se tenderregulasies systap.
    4 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA-verkiesing kan tot verskeie koalisies en ANC-magsverliese lei
    Suid-Afrika se plaaslike regering-verkiesings vind vandag plaas, en ontleders en meningspeilers verwag dat dit op heelwat koalisies sal uitloop, veral in metropolitaanse gebiede waar hewige kompetisie verwag word. Die politieke ontleder professor André Duvenhage sê dat die ANC waarskynlik mag sal verloor, wat verreikende gevolge vir die regering van nasionale eenheid sal hê. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Landbouministerie gee vandag BKS-opdatering
    Die landbouministerie sal vandag ’n opdatering verskaf oor die situasie rakende bek-en-klouseer en pogings om die siekte in te perk, met ’n spesifieke fokus op die Kharas- en Zambezi-streke. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het bevestig dat slegs gepasteuriseerde melk en suiwelprodukte vervoer mag word suid van die Rooilyn, nadat tuisgemaakte tradisionele omaere, of dikmelk, by padblokkades gekonfiskeer is. Hy het aan Kosmos 94.1 gesê vandag se inligtingsessie sal handel oor sleutelbeheermaatreëls, insluitend die bestuur van rondlopende vee langs paaie en in gebiede wat nie vir veeboerdery afgebaken is nie.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…