Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • De nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Walvis Bay Salt Holdings maak geskiedenis met sout na Nigerië
    Walvis Bay Salt Holdings het geskiedenis gemaak as Namibië se eerste amptelike uitvoerder onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms. Die maatskappy het 45 000 ton tafelsout en grootmaat-sout na Nigerië verskeep. Adjunk-besturende direkteur Bernard Grove het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié mylpaal en die geleenthede wat dit vir plaaslike uitvoerders skep, gepraat.
    1 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Toerisme: Namibië onder wêreld se laerisiko-bestemmings
    Die Gasvryheidsvereniging van Namibië verwelkom ’n positiewe internasionale beoordeling van die land se reisveiligheid, met Namibië wat vir 2027 onder die wêreld se laerisiko-bestemmings gereken word. Volgens die jongste risikokaart van die sekuriteitsfirmas Safeture en Riskline, word Namibië as net so veilig beskou om te besoek as lande soos Duitsland, Spanje en Amerika. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê egter meer moet gedoen word om rooftogte op toeriste hok te slaan.
    1 min
  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Nigerië soek nouer samewerking met SA
    Nigerië se aangewese hoof van sending in Suid-Afrika, Olufemi Adewumi Fani-Kayode, het sy land se verbintenis tot die versterking van bilaterale betrekkinge herbevestig. Fani-Kayode het sy geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa in Tshwane oorhandig en die twee lande as geskiedkundige vriende en belangrike Afrika-vennote beskryf. Hy sê nouer samewerking tussen Afrika se twee grootste ekonomieë is noodsaaklik vir die vasteland se toekoms. Fani-Kayode het onderneem om gemeenskaplike kwessies aan te pak en diplomatieke en ekonomiese bande tussen Nigerië en Suid-Afrika verder te versterk.
    1 min
  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 'Usakos-kleinsakepark moet tydelike broeikas vir ondernemings wees'
    SMEs Compete-stigter Danny Meyer verwelkom die nuwe Usakos-kleinsakepark van 12,65 miljoen Namibiese dollar. Hy sê dat sulke fasiliteite tydelike broeikaste vir ondernemings moet wees, eerder as permanente goedkoop huurpersele. Hy sê dat entrepreneurs hul ondernemings moet kan uitbrei en uiteindelik hul eie persele moet kan koop. Hy maan owerhede ook dat swak bestuur en gebrekkige instandhouding soortgelyke sakeparke vervalle gelaat het.
    1 min
  • Die nuusom 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • BKS: Regering moet inspring, mense ly honger
    Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het 'n dringende beroep op die regering gedoen om voedselhulpprogramme in landelike gemeenskappe in werking te stel wat deur die bek-en-klouseerkrisis geraak is. Hy waarsku dat talle huishoudings reeds voedseltekorte ervaar weens die langdurige ontwrigting van die veebedryf.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…