Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Mans aangemoedig om tydens Movember vir prostaatkanker te laat toets
    Movember is hier, en mans word aangemoedig om beheer oor hul gesondheid te neem deur gereelde sifting vir prostaatkanker te ondergaan. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, sê sowat 440 gevalle van prostaatkanker word jaarliks plaaslik gediagnoseer. Dit maak dit die derde mees gediagnoseerde kanker in die land, ná bors- en servikskanker.
    1 min
  • Dinsdag, 3 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Verbruikers is ontstig oor nog 'n styging in brandstofpryse, en die regering is bekommerd oor hul kwynende buffer om motoriste daarteen te beskerm. Intussen is banke in die land gerat om skokke te weerstaan, toon die jongste strestoetse van die Bank van Namibië.
    4 min
  • Die DA sê Suid-Afrika se uitsluiting van AGOA kon vermy word
    Die DA sê Suid-Afrika se uitsluiting as bevoordeelde van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika kon vermy word en is totaal onnodig in die konteks van gesonde ekonomiese diplomasie en onderhandeling. Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger se kantoor het bevind die regering se praktyke is strydig met die vereistes om deel van AGOA te wees. Ryan Smith van die DA sê die land se uitsluiting van AGOA is ʼn slag vir die ekonomie, veral landbou en verwerking van landbouprodukte, voertuigvervaardiging en die mynbedryf:

    Vakbond Solidarity waarsku dat Suid-Afrika se uitsluiting van AGOA tot 250-duisend werksgeleenthede kan bedreig. Die vakbond sê landbou en voertuigvervaardiging is veral kwesbaar en doen 'n beroep op die regering om dringend op te tree om die handelsooreenkoms te probeer behou.
    1 min
  • Jauch kritiseer Beefcor se beplande aflegging van 393 werkers
    Arbeidsdeskundige Herbert Jauch kritiseer Beefcor se plan om 393 werkers by sy Okahandja-slagpale af te lê weens uitvoerbeperkings wat deur bek-en-klouseer veroorsaak is. Hy sê afleggings in reaksie op 'n tydelike siekte-uitbraak is teenstrydig met die gees van die Arbeidswet. Volgens Jauch moet werkgewers eers alternatiewe kostebesparende maatreëls ondersoek en tydelike verligtingsoplossings met werkers onderhandel voordat hulle tot afleggings oorgaan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Sauma bevraagteken Rosatom se beweerde goedkeuring
    Die Stampriet-akwifeer Uraanmyn-vereniging (Sauma) is bekommerd oor berigte dat Rosatom se Leonardville-uraanprojek toestemming ontvang het om toetsboorgate te boor. Die Russiese nuusagentskap Interfax het die maatskappy se uitvoerende hoof, Alexei Likhachev, aangehaal wat sê die projek het die groen lig gekry ná 'n besoek deur 'n afvaardiging van die Internasionale Atoomenergie-agentskap aan Namibië. Sauma sê hy het die betrokke owerhede genader om duidelikheid oor die beweerde goedkeuring te kry. Die vereniging se voorsitter, Wolfgang Teichert, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA Interministeriële komitee doen beroep op vreedsame munisipale verkiesing
    Die Interministeriële Komitee oor Migrasie en verskeie burgerlike organisasies vra kiesers om toe te sien die munisipale verkiesing verloop vreedsaam en ordelik. Dit volg ná 'n vergadering met gemeenskapsgroepe, insluitend Hlangana Mzansi en Bhinca Nation, gelei deur die mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu. Misdaad, onwettige migrasie, onwettige vuurwapens en leemtes in wetstoepassing is bespreek. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê alle stemgeregtigdes moet kan stem sonder intimidasie of inmenging:
    1 min
  • Rob Youth Foundation bied N$100 000 se vloedhulp aan Bacopa-huishoudings
    Gabriela Jeronimo, uitvoerende direkteur van die Rob Youth Foundation, het die organisasie se belangrikste mylpale vir jeugbemagtiging en hulpverlening vir 2026 uiteengesit. Dit sluit in die verspreiding van matrasse en muskietnette ter waarde van 100 000 Namibiese dollar aan vloedgeteisterde huishoudings in Bacopa-dorp. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 2 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…