Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • NATJOINTS: Veiligheidsmaatreëls landwyd verskerp in aanloop tot verkiesing
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is gereed om ʼn vrye, regverdige en veilige plaaslikeregeringsverkiesing in die land te verseker. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring en die hoof-verkiesingsdag is Woensdag. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê veiligheid by alle stemlokale is nagegaan, en intelligensie-geleide ontplooiing en spesialis-eenhede is op gereedheid geplaas. Sy het bevestig nasionale en provinsiale gesamentlike operasionele strukture is gereed en ten volle operasioneel:
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Minibustaxi-dienste in Kaapstad hervat bedrywighede met polisie se ondersteuning
    Die Stad Kaapstad sê minibustaxi-dienste het normale bedrywighede hervat na beraadslaging met die leierskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad. Geskille tussen die taxiverenigings CATA en CODETA, vermoedelik oor ʼn roete wat Delft, Langa en Epping verbind, het verlede week ongeveer 12 lewens geëis. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die metro, Wes-Kaapse regering en polisie het die taxibedryf verseker van die polisie se sigbare ondersteuning:
    1 min
  • Stygende uraanpryse bied Namibië nuwe geleenthede
    Die wêreldwye vraag na uraan neem toe, wat nuwe geleenthede vir Namibië se mynbousektor kan skep. Ekonoom van die Kamer van Mynwese, Lauren Davidson, verduidelik hoe hoër uraanpryse en beplande nuwe myne die bedryf se vooruitsigte kan versterk.

    Vir meer besonderhede oor die storie en wat nog vir die land se mynbousektor voorlê, luister gerus na dié en ander onderhoude op die KosmosKapitaal-Facebookblad.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Nege dood nadat Learjet op pad na Bahamas in Palm Beach neerstort
    Nege mense is dood nadat ’n Learjet wat uit Austin, Texas, na die Bahamas onderweg was, gister in ’n woonbuurt in Palm Beach, Florida, neergestort het. ’n Video toon hoe die vliegtuig skerp afduik en naby ’n hoofpad in ’n reuse-vuurbal ontplof. Minstens 600 inwoners is uit die gebied ontruim. Die ongeluk is die tweede dodelikste in die VSA vanjaar, nadat 12 mense dood is toe 'n vliegtuig met valskermspringers in Junie in Butler, Missouri neergestort het. Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, beskryf die voorval as rampspoedig:
    1 min
  • Nog drie gearresteer na wrede marteling van Noordwes-boer
    Die polisie in Noordwes het nog drie verdagtes aangekeer in verband met verlede Woensdag se gewelddadige plaasroof en poging tot moord in Syferfontein, Ventersdorp. Dit bring die totale aantal verdagtes op vyf te staan. Die 50-jarige Donovan Marx is op sy plaas geskiet en wreed aangerand, waarna die verdagtes met vuurwapens en sy bakkie gevlug het. Polisiewoordvoerder Adele Myburgh sê die polisie het tydens die arrestasie van die drie verdagtes beslag gelê op vier vuurwapens, waarvan twee met die Ventersdorp-voorval verbind word, asook kledingstukke en juweliersware:
    1 min
  • Motorsport: Antonelli gekroon as jongste F1-kampioen in die geskiedenis
    Die 20-jarige Kimi Antonelli het in sy tweede seisoen sy eerste Wêreld-bestuurderskampioenskap opgeraap en die jongste Formule Een-kampioen in die geskiedenis geword. Die Mercedes-renjaer het derde klaargemaak by die Mexiko-stad Grand Prix om die titel te buit met vier wedrenne wat hierdie seisoen oorbly. Max Verstappen van Red Bull het die wedren gewen en Lewis Hamilton van Ferrari was tweede. Antonelli, wat ook die eerste Italiaanse wêreldkampioen is sedert Alberto Ascari in 1953, sê hierdie is net die begin:
    1 min
  • Meer as 2,6m spesiale stemme word vandag en môre in SA verwag
    Die SA Verkiesingskommissie herbevestig hy is gereed vir die plaaslikeregeringsverkiesing, met meer as 2,6-miljoen kiesers wat vandag en môre hul spesiale stemme sal gebruik. Altesaam 80-persent van die goedgekeurde huisbesoeke is vir kiesers ouer as 60, terwyl vroue verantwoordelik is vir 74-persent van die goedgekeurde spesiale stemme. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê die spesiale stemproses is vir bejaardes, mense wat sieklik is en die met gestremdhede, asook kiesers wat nie op verkiesingsdag by hul geregistreerde stempunte kan stem nie:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…