Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Reuse-storting sluit Kopfontein-grenspos
    Die Grensbestuursowerheid het alle bedrywighede by die Kopfontein-grenspos wat Suid-Afrika en Botswana verbind, tydelik opgeskort. Dit volg na ʼn reuse-storting. Hy sê dit raak die woonbuurt naby die grenspos, en ook die grenspos se bedrywighede. Geen besonderhede oor die tipe storting is bekendgemaak nie. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die sluiting is nodig om reisigers en personeel te beskerm en voeg by daar is nog nie ʼn besluit geneem oor ʼn datum vir heropening nie:
    1 min
  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Gee ANC nog 'n kans, pleit Ramaphosa
    President Cyril Ramaphosa het kiesers gevra om die ANC nog ’n kans te gee om te regeer. Hy het Saterdag ’n ANC-verkiesingsaamtrek in Polokwane, Limpopo, toegespreek in die aanloop tot Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Ramaphosa het die party se prioriteite uiteengesit, waaronder werkskepping, die opgradering van water- en elektrisiteitsinfrastruktuur en die bekamping van misdaad, insluitend geslagsgebaseerde geweld en korrupsie. Hy het beklemtoon dat die ANC oor die nodige ervaring en vermoë beskik om sy beloftes oor dienslewering na te kom.
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Steeds tussen 50 tot 70 leerders per klas, sê IPC
    Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het die onderwysministerie uitgedaag om ten volle rekenskap te gee van sy begroting tydens die debat oor die middeltermyn-begrotingshersiening in die parlement. Sy eis 'n duidelike uiteensetting van onderwyseraanstellings en streekskoste vir klaskamerbou, en wys op die volgehoue oorbevolking van 50 tot 70 leerders per klas en onvoltooide infrastruktuur. Sy spoor ook die regering aan om tersiêre subsidies te hervorm sodat befondsing vir alle studente beskikibaar is.
    1 min
  • Die nuus 07:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Wêreldvoedseldag: Span inheemse kennis, ervaring van Namibiese boere in
    Die adjunk-landbouminister, Ruthy Masake, sê innovasie in landbou moet voortbou op die inheemse kennis en ervaring van Namibiese boere. Tydens Wêreldvoedseldag het Masake beklemtoon dat tradisionele boerderykennis met moderne wetenskap en tegnologie gekombineer moet word, om praktiese, bekostigbare en volhoubare oplossings te ontwikkel wat geskik is vir die land se boerderytoestande.
    1 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Watersport: Enjins brul op Oanob
    Die enjins brul vandag op die Oanobdam brul wanneer nege spoedvrate die Lake Oanob Grand Prix-reeks aanpak. Francois Lottering van Kosmos 94.1 is daar en het met Gerhard van Geen van Suid-Afrika gesels, wat die beampte vir die dag is.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…