Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Nuwe lug-ambulans ' 'n kritiese prioriteit'
    Voormalige gesondheidminister Richard Kamwi sê die bekendstelling van die land se eerste staatsbeheerde lug-ambulans vervul 'n kritieke prioriteit, waaraan meer as 'n dekade beplan is. Kamwi sê dat vir uitgestrekte, afgeleë streke soos Zambezi, wat 1 300 kilometer van verwysingspesialiste in Windhoek is, vinnige noodlugvervoer dien as 'n noodsaaklike plaasvervanger vir vertraagde infrastruktuurprojekte, wat onmiddellike lewensreddende sorg bied vir vroue en kinders onder vyf.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 5 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 'Hinda Boy' gereed vir uitdaging vanaand in Sandton
    Namibië se opkomende MMA-vegter Veja Hinda, beter bekend as “Hinda Boy”, is gereed vir een van die grootste uitdagings van sy loopbaan. Hy kom vanaand in die hoofgeveg van Extreme Fighting Championship 139 in Sandton teen Suid-Afrika se Godfrey “Feralspunky” Mkhwanazi te staan, wat ’n professionele rekord van ses oorwinnings en vyf nederlae het. Hinda is onoorwonne ná twee professionele gevegte en mik na sy derde agtereenvolgende oorwinning. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sy ondersteuners ’n groot rol in sy sukses speel.
    1 min
  • Lede kan nou hul Orion-pensioene op WhatsApp monitor
    Old Mutual Namibia het 'n WhatsApp-diens bekendgestel wat lede van die Orion Namibia Pensioen- en Voorsieningsfonds in staat stel om onmiddellik toegang tot hul voordeelstate te kry. Hoofbestuurder Monique Christiaan sê die hulpmiddel verwyder hindernisse en bemagtig lede om hul aftreespaargeld gerieflik dwarsdeur hul werkslewe te monitor.
    1 min
  • August 26 help 'Gazza-firma' om militêre voertuie in te voer: Amupanda
    AR-leier Job Amupanda beweer dat 'n maatskappy wat met die musikant Gazza verbind word, gekoppel word aan die aankoop van drie militêre voertuie, elk na bewering ter waarde van 18 miljoen Namibiese dollar. Amupanda beweer dat die voertuie uit Uganda verkry is deur middel van die staatsbeheerde verdedigingsmaatskappy, August 26. Hy het vandag by 'n perskonferensie in Windhoek gepraat.
    1 min
  • Olieprys val skerp ná VSA-verkiesings
    Brent ru-olie, die internasionale maatstaf, het Woensdag met sowat 9 persent gedaal, van net onder 105 Amerikaanse dollar per vat tot onder 94 dollar per vat. Dit het gevolg ná die Demokratiese party se oorweldigende oorwinning in die Amerikaanse middeltermyn-verkiesings, wat hoop laat opvlam het oor 'n de-eskalasie in die oorlog met Iran. Teen 4-uur vanmiddag was die olieprys 96 dollar 53 sent. Ekonoom Dawie Klopper sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit kan baie positief wees vir Namibië en Suid-Afrika.
    1 min
  • Wise waarsku nuwe raad, kommisie om te werk, of...
    Arbeidsminister Wise Immanuel het nuwe lede van die Arbeidsadviesraad en die Kommissie vir Gelyke Indiensneming gewaarsku dat afwesigheid en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid ernstige gevolge kan hê, insluitend ontslag. Hy het geykte verskonings en die stadige vordering met arbeidswetgewing-hervormings gekritiseer. Immanuel het die lede aangemoedig om te bedank indien hulle nie hul verantwoordelikhede kan nakom nie. Hy het by die inhuldiging van die 16de Arbeidsadviesraad en die aanstelling van nuwe lede van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming in Gobabis gepraat.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…