Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 743 episodes available.
September 20, 2026Leefwêreld van die gestremde: Neurovisie-rehabilitasie; Gids- en dienshonde20 September 2026: Wat behels neurovisie-rehabilitasie? Wie kan daarby baat vind? Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging doen al vir langer as 70 jaar diens om gidshonde op te lei. Deesdae lei hulle ook dienshonde en ondersteuningshonde op vir mense wat sekere siektes het, en vir kinders met outisme....more23minPlay
September 13, 2026Leefwêreld van die gestremde: Impak van sigverlies; Doofheid-bewusmakingsmaand13 September 2026: ‘n Oogkundige vertel van die groot impak wat sigverlies op die mens se algemene funksionering het. September is Doofheid-bewusmakingsmaand....more23minPlay
September 06, 2026Leefwêreld van die gestremde: Gehoorbewusmakingsmaand; Wanda Bam6 September 2026: September word gewy aan bewusmaking en interaksie met mense wat leef met gehooruitdagings. Wanda Bam, ’n skrywer en lewensafrigter, vertel van persoonlike trauma, hoe sy dit verwerk het, en deel idees oor geestesgesondheid en selfdissipline....more23minPlay
August 30, 2026Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind vier 145 jaar30 Augustus 2026: Innovation for the Blind vier vanjaar sy 145ste bestaansjaar! Stephne Botha vertel hoe dié organisasie steeds relevant bly. ’n Luisteraar vra: Hoe kan ek seker maak dat ek nie aan die beginstadium van demensie is nie?...more24minPlay
August 23, 2026Leefwêreld van die gestremde: Christelle Taute se pad met MS23 Augustus 2026: Ons besoek die leefwêreld van Christelle Taute, wat al vir 29 jaar saamleef met meervoudige sklerose. ‘n Onderwyseres van TransOranje Skool vir Dowes vertel van die eerste skool wat jare gelede in die noorde vir kinders met doofheid begin is....more23minPlay
August 16, 2026Leefwêreld van die gestremde: Fasiliteit om gestremdes met vakmanmvaardighede te help16 Augustus 2026: ‘n Ruimtefasiliteit (immersive room) is ‘n waardevolle apparaat om mense met gestremdhede met vakmanvaardighede te help. Het jy geweet kinders van so jonk as 2 jaar oud is al met Alzheimers gediagnoseer? Dis ‘n rare verskysel, maar geestesongesteldhede is ‘n hoogs komplekse toestand wat verreikende gevolge kan inhou. Navorsers is dit eens dat genetika ‘n belangrike aspek in die toestand is....more24minPlay
August 09, 2026Leefwêreld van die gestremde: Marinda se pad met Alzheimers9 Augustus 2026: Is daar beperkings op die gebruik van kontaklense? Kan oogoefeninge kinders se sig verbeter? Sy is 16 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer. Sy bly op haar eie, en maak self belangrike besluite. Sy gesels oor uitsluiting en haar daaglikse breinoefeninge. Sy staan net bekend as Marinda. Sy deel haar reis met Alzheimers....more24minPlay
August 02, 2026Leefwêreld van die gestremde: Die emosionele kant van gestremdheid; Die lewe ná amputasie2 Augustus 2026: Hoe hanteer mens die emosionele kant van gestremdheid? Gehoorverlies, hoe gering ookal, beïnvloed hoe ons onsself laat geld. Ons kry praktiese raad oor hoe om selfgeldend op te tree. Die 63 jarige Mark Harris bevind homself in ‘n rolstoel ná amputering van altwee sy bene a.g.v. diabetes. Hy vertel van sy frustrasie om weer in die arbeidsmark opgeneem te word....more23minPlay
July 26, 2026Leefwêreld van die gestremde: Meervoudige Sklerose; Overberg Tehuis, Riviersonderend26 Julie 2026: Is dit ’n goeie idee om jou werkgewer in te lig oor ’n diagnose van Meervoudige Skelrose, en wanneer is dit ’n goeie tyd indien dit nodig word? Hulp aan ouerwordende mense is ’n liefdestaak. Dís die siening van personeel by Overberg Tehuis op Riviersonderend. Hulp word met deernis gebied vir inwoners met verskeie liggaamlike of geestelike toestande....more24minPlay
July 19, 2026Leefwêreld van die gestremde: Meervoudige sklerose; Gestremdes en geloofsgemeenskappe19 Julie 2026: Ons beantwoord luisteraars se vrae oor meervoudige sklerose, soos watbedoel word met MS-uitputting en “brain-fog”. ‘n Spesiale Sondag vir persone met gestremdhede word in Augustus gehou. Die doel is om gestremdes bewustelik deel te maak in kerke en geloofsplekke. Die tema vanjaar fokus op die voorreg wat saamwees in geloofsgemeenskappe inhou....more22minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 743 episodes available.