Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
February 01, 2026Leefwêreld van die gestremde 1 Februarie 2026Ons vind meer uit van ’n program wat jou leer om ‘n portuurgroep-ondersteuner te word, om die lewe van mense met gestremdhede makliker te maak. Deone Erasmus leef met makulêre degenerasie. Sy het slegs tien persent, maar dit hou haar nie terug nie. Sy leer ander mense met gestremdhede om te dans....more22minPlay
January 25, 2026Leefwêreld van die gestremde 25 Januarie 2026‘n Oudioloog vertel dat vroue makliker ‘n gehoorapparaat sal dra as mans. Hoekom? En hoekom is daar steeds ‘n stigma oor gehoorapparate? Die Sweethearts Stigting versamel plastiekrommel by die ton om unieke pasgemaakte rolstoele te kan aankoop vir mense wat dit broodnodig het....more23minPlay
January 18, 2026Leefwêreld van die gestremde 18 Januarie 2026‘n Oudioloog en lid van ‘n ouditiewe breinstam-inplantingspan vertel van ‘n redelik onbekende laaste uitweg en hoop vir sommige mense om weer te kan hoor. Ons kyk ook na inklusiewe onderwys vir kinders met spesiale behoeftes....more23minPlay
January 11, 2026Leefwêreld van die gestremde 11 Januarie 2026Suretha Burger vertel van haar passie vir musiek, en deelname aan die Talent America-kompetisie. Sy vertel van haar werk in musiek by Innovation for the Blind op Worcester. Mense met gestremdhede word nie weerhou om hulle liefde sport uit te leef nie. Rolbal, hengel en skaak is ‘n paar van die sportsoorte wat mense met gestremdhede geniet en uitblink in....more24minPlay
January 04, 2026Leefwêreld van die gestremde 4 Januarie 2026‘n Lewensafrigter gee praktiese idees vir die bemagtiging van mense wat leef met uitdagings. Jaarliks op 4 Januarie word die geboortedag herdenk van Louis Braille, die ontwerper van die Braillestelsel vir siggestremdes. Braille is nie ‘n taal nie, dis ‘n skrif. Ons hoor van die interessanthede van hierdie hoogs gevorderde en gesofistikeerde stelsel....more22minPlay
December 28, 2025Leefwêreld van die gestremde 28 Desember 2025Die Vrystaatse Vereniging vir Mense met Gestremdhede vestig hulle as ‘n nie-regeringshulporganisasie in gemeenskappe. Die Triest Sentrum vir intellektueel gestremde volwassenes is in Klerksdorp in Noord-Wes. Die inwoners ontwikkel elkeen na hulle eie vermoë. Die koor van die sentrum het vroeër vanjaar goud verower....more21minPlay
December 21, 2025Leefwêreld van die gestremde 21 Desember 2025Toegangklike leesstof vir mense met siggestremdhede kry ‘n hupstoot nadat ‘n saak in die Konstitusionele hof gaan draai het. Elke gidshond se opleiding is net so uniek en interessant as die verhouding met sy eienaar. Maar wat doen ‘n gidshond in sy “vrye tyd”?...more20minPlay
December 14, 2025Leefwêreld van die gestremde 14 Desember 2025Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, is aktief betrokke by die mees kwesbares in die gemeenskap sedert die laat 1900’s. Ons hoor hoe veral vroue dié taak aanpak. Die G20 het groot opslae gemaak in Suid-Afrika. Mense met gestremdhede is egter buite rekening gelaat van die beraad. Dit het Disability 20 of die D20-projek tot gevolg gehad het. Ons vind meer uit oor dié inisiatief....more21minPlay
December 07, 2025Leefwêreld van die gestremde 7 Desember 2025Wat is die moontlikhede ná ‘n beroerte met rehabilitasie om uitdagings en gestremdhede te beperk? Woensdag 3 Desember was Wêrelddag vir Persone met Gestremdhede. ‘n Blinde persoon en rolstoelgebruiker vertel van die vordering wat in Suid-Afrika gemaak is met vanjaar se tema: ‘n Inklusiewe Samelewing op Sosiale en Ekonomiese vlak....more18minPlay
November 30, 2025Leefwêreld van die gestremde 30 November 2025Soms is dit ‘n siektetoestand wat ‘n gestremdheid veroorsaak. ‘n Beroerte kan verreikende gevolge meebring as dit nie vining genoeg behandel word nie. Martin Brown is 54 jaar oud, en was 27 jaar gelede in ‘n duikongeluk. Hy is daardeur verlam gelaat, en kan net sy kop beweeg, maar niks hou hom terug nie. Hy het ‘n toekenning ontvang vir sy werk om rolstoele in plattelandse gebiede te versprei....more22minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.