Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
November 23, 2025Leefwêreld van die gestremde 23 November 2025Wat is die gevolge van sonskade op jou sig? Wat staan jou te doen indien jy meer ligsensitief is ná ’n katarakoperasie? Roedolph Brits, ‘n tegnikus van Blind SA, kry ‘n toekenning vir sy innoverende WIT KIERIE-PROJEK, ‘n hulpmiddel vir die blinde gemeenskap....more24minPlay
November 16, 2025Leefwêreld van die gestremde 16 November 2025Een van die grootste uitdagings vir mense met Downsindroom is dat ander mense hulle nie verstaan nie. Kommunikasie is ‘n uitdaging. Ons hoor van talle jongmense met Downsindroom, wat kwalifiseer as baristas; sommige in die IT-bedryf; en ander met vaardighede deur ondersteuning van besighede wat inklusiewe opleiding verskaf. Club 21 is skole spesifiek vir mense met Downsindroom. Hulle suksesstories word meer en meer. Wat is ouderdomsverwante sigverlies? Hoekom vorm katerakte? Wat is die impak van makulêre degenerasie op jou sig....more24minPlay
November 09, 2025Leefwêreld van die gestremde 9 November 2025Toeganklike vervoer in Suid Afrika het verreikende gevolge, nie net vir die ekonomie nie, maar ook vir mense met gestremdhede. Die afwesigheid van toeganklike openbare vervoer beperk en sluit mense met gestremdhede uit. Persone met gestremdhede staan op vele vlakke hulle plek vol in die samelewing. ‘n Gemengde para-fietsspan met fisiese en visuele gestremdhede, neem vir die eerste keer deel aan ‘n nasionale (en veeleisende) fietstoer. Die span is vasberade en toegewyd....more24minPlay
November 02, 2025Leefwêreld van die gestremde 2 November 2025Op die Tuinroete is ouers besig met fondsinsameling om bewustheid te kweek en hulp aan te bied aan ouers van kinders met gestremdhede. Ons hoor ook watter uitwerking trauma op die geestelike en fisiese vlak het vir persone met gehooruitdagings en doofheid....more24minPlay
October 26, 2025Leefwêreld van die gestremde 26 Oktober 2025‘n Maatskaplike werker by die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede in die Olifantsriviervallei vertel hoe hulle baat by die GROW-benadering. Dit bevorder inklusiwiteit en bemagtiging. Het jy geweet dat hartdefekte die algemeenste mediese uitdaging is vir mense met Downsindroom? Downsindroom een van die mees bekende genetiese toestande, en kom voor by een uit elke 700 geboortes....more24minPlay
October 19, 2025Leefwêreld van die gestremde 19 Oktober 2025Die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede bemagtig hulle personeel deur inklusiwiteit te verhoog, met ‘n program genaamd GROW, waar hulle die waardes van saamleer en saamgroei bevorder. ‘n Onderwyseres by Lettie Fouché Skool in Bloemfontein vertel van die lesse wat sy by haar kinders met gestremdhede moes leer tewyl sy hulle onderrig....more25minPlay
October 12, 2025Leefwêreld van die gestremde 12 Oktober 2025Wat is die doel van ‘n behoorlike gehoorevaluasie? ‘n Gehoorapparaat is dalk nie die antwoord nie. ‘n Oudioloog vertel wat ‘n diagnostiese gehoorevaluasie behels. ‘n Bouer wat skielik sy een voorarm verloor het, bly positief en opgewek op die bouperseel, waar hy vol energie en blydskap werk....more24minPlay
October 05, 2025Leefwêreld van die gestremde 5 Oktober 2025Kubersekuriteit is ‘n veld wat al hoe meer deur mense met siggestremdhede betree word. Ons vind uit wat dit behels. Serebrale gestremdhede by kinders is ‘n reuse uitdaging vir die kinders en hulle ouers. ‘n Internasionale mediese nie-winsgewende maatskappy doen uitreikingswerk en voorsien hulpmiddels om hulle lewenskwaliteit te verbeter....more23minPlay
September 28, 2025Leefwêreld van die gestremde 28 September 2025Watter impak het die G20 Beraad op mense met gestremdhede? Ons hoor van die D20-inisiatief, wat spruit uit die G20. Wat is dit, en watter doelwitte moet bereik word? Rett-sindroom is ‘n seldsame toestand wat soms moeilik is om te diagnoseer. Ons vind meer uit van die simptome, en water ondersteuningsgroepe daar is....more22minPlay
September 21, 2025Leefwêreld van die gestremde 21 September 2025Ons kry antwoorde op luisteraarsvrae oor die ontruiming van geboue en die invoer van aangespasde voertuie. Ons hoor ook meer van die SA Gidshondvereniging se Dra jou Sonbril-veldtog ter viering van Wêreld Sigmaand....more23minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.