Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
October 08, 20169 OctJacqui January gesels met 'n pa van 'n seun met Downsindroom oor die impak wat sport op sy lewe het. En Fanie du Toit vind uit hoe algemeen elpilepsie is, en watter hulp verleen moet word wanneer iemand 'n aanval kry....more24minPlay
October 01, 20162 OctJacqui January gesels met 'n vrou met makulêre degenerasie wat besig is om blind te word, en steeds 'n vol lewe lei. En Fanie du Toit hoor van 'n heerlike buitelugervaring vir mense in rolstoele....more21minPlay
September 25, 201625 SepFanie du Toit vertel van die belangrikheid van musiek in die lewe van 'n dowe. En met die paralimpiesespan terug op eie bodem, gesels Jacqui January met RSG se kommentators oor hulle ervarings van die Spele en die lesse wat hulle by gestremde atlete geleer het....more25minPlay
September 17, 201618 Sep 2016September is oogsorgmaand. Jacqui January het gaan uitvind oor die gevorderde navorsing om die agteruitgang van sig te teen te werk. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van 'n dowe kind oor haar geloofspad en die onderrig van haar kind....more25minPlay
September 10, 201611 Sep 2016Jacqui January gesels met die afrigter van een van die blinde atlete by die Rio Paralimpiese Spele oor die afrigting van gestremde atlete. En Fanie du Toit vind meet uit oor die toeganglikheid van geloofsgemeenskappe en hulle fasiliteite....more22minPlay
September 03, 20164 Sep 2016Jacqui January kyk na die voorreg om aan die Paralimpiese Spele deel te neem, wat nie vir Downsindroom-atlete beskore is nie. En Fanie du Toit gesels met 'n atleet in 'n rolstoel wat die Kaap aan die brand ry met haar Blitsige Bitsie....more24minPlay
August 27, 201628 Aug 2016Jacqui January hoor van 'n skool vir verstandelik gestremde kinders waar Loslitdag se fondsinsameling groot verligting bring. En Fanie du Toit het inligting oor lewensonderrig en hoe dit die gestremde se denkpatroon, houding en lewe kan verander....more23minPlay
August 20, 201621 Aug 2016Jacqui January gesels met 'n ma oor haar serebraalgestremde dogtertjie. Die vierjarige het 'n beroerte gehad toe sy in haar ma se baarmoeder was. En Fanie du Toit het nuus oor polio wat slegs in twee lande ter wêreld voorkom, en Suid-Afrika wat verandering aangebring het met die toediening van inenting teen die siekte....more24minPlay
August 13, 201614 Aug 2016Met die Paralimpiese Spele in Rio om die draai, fokus Jacqui January op die internasionale deelname van gestremde atlete, en hoor van die leemtes in die akkommodasie. En Fanie du Toit vind meer uit van die algemene oogsiektes by volwassenes....more23minPlay
August 07, 20167 Aug 2016Dis Vrouemaand en Jacqui January het gaan hoor van die suksesse, die leemtes en die mishandeling van gestremde vroue. En Fanie du Toit het inligting oor oogsiektes by kinders, van skeelheid en katerakke tot die afwesige roollig-refleks....more21minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.