Media24

Media24

By Media24
Download on the App Store

Media24 episodes

  • Landboumark Voorslag: Episode 6 - Putter Geologiese Dienste
    In Episode 6 van Landboumark Voorslag maak ons kennis met Frans Putter van Putter Geologiese Dienste, ՚n hidrogeoloog wat boere geld spaar deur eerlik te sê wat die wetenskap wys, al beteken dit geen nuwe boorgat nie. Landboumark Voorslag word aangebied deur Elzette Boucher-Krüger. Nuwe episodes word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landbouweekblad
    18 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 5 - Terrapro CC
    In episode 5 van Landboumark Voorslag hoor ons hoe ՚n toevallige ontdekking op ՚n Europese landbouskou meer as twee dekades se sukses met ՚n unieke produk vir Lukas Rautenbach van Terrapro CC voorafgegaan het. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landbouweekblad
    22 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 4 - Affieplaas Boerseep
    In episode 4 van Landboumark Voorslag hoor ons van ՚n onderneming wat nie net outentieke plaasprodukte vervaardig nie, maar ook ander entrepreneurs bemagtig. Willem en Hannetjie Smit se besluit om weer boerseep volgens ՚n ou familie-resep op die plaas te maak, was die begin van iets veel groter. Vandag glo hulle Affieplaas Boerseep was deel van God se plan – nie net om ՚n onderneming te bou nie, maar ook om ander mense die geleentheid te gee om ՚n inkomste te verdien.
    Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landbouweekblad
    13 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 3 - Agri Solutions
    In episode 3 van Landboumark Voorslag word vertel hoe ’n sakebedryf en geloof saamwerk vir diensbaarheid in aksie. Van ’n wildplaas naby Dinokeng tot ’n onderneming met vier unieke afdelings – Agri Solutions se Sakkie Pelser het ’n eenvoudige oplossing vir elektriese heinings omskep in ’n onderneming wat plastiek herwin, infrastruktuur bou, gemeenskappe ondersteun en sy geloof in elke aspek van ondernemerskap uitgeleef. Landbouweekblad
    24 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 2 - Master Steel Structures
    In episode 2 van Landboumark Voorslag vertel ՚n entrepreneur hoe hy met min ondervinding in die staalkonstruksiebedryf ՚n onderneming gekoop en laat floreer het. Sedert 2009 het Jaco Hefer van Master Steel Structures – van ’n Vrystaatse groentjie wat nie eens geweet het wat steierwerk is nie tot die eienaar van ’n onderneming wat staalstrukture landwyd en in Wes-Afrika oprig – ’n “staalsterk” reputasie gebou danksy gehalte, deursettingsvermoë en vertroue.
    Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landbouweekblad
    17 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 1 - Hen Hotel
    n episode 1 van Landboumark Voorslag hoor ons van ՚n entrepreneur wie se kleintydpassie ՚n groeiende onderneming “uitgebroei” het. Toe voëlgriep Suid-Afrika se eiermark ontwrig, het Alexander Smit ՚n gaping raakgesien en sy liefde vir hoenders wat hy reeds van kleins af koester, in ՚n florerende onderneming omskep. Hen Hotel is vandag nie net ՚n verskaffer van lêhoenders van ’n hoë gehalte nie, maar bied ook opleiding aan.
    Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landbouweekblad
    18 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 16 - Earth Owl
    In episode 16 van Landboumark Voorslag hoor ons van Roché Pepler en Santana Pestana, wat net met ʼn inset van R250 en ʼn paar erdwurms in ’n agterplaas ’n onderneming begin en tot Earth Owl uitgebou het. Dit is ʼn onderneming wat organiese boerdery, waardetoevoeging en gemeenskapsontwikkeling kombineer.
    Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Dit word aan jou gebring deur Landboumark, wat Landbouweekblad se digitale snuffelgids is. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com.
    38 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 15 - Kleinkraal Suiwel
    In episode 15 van Landboumark Voorslag hoor ons van Zanell van der Nist van Kleinkraal Suiwel. Wat as ʼn “aftreeprojek” met vier melkbokke begin het, het ontwikkel in ʼn kleinskaalse kaasonderneming waarvan die handgemaakte bokmelkkaas ʼn Qualité-toekenning op die Suid-Afrikaanse suiwelkampioenskap ontvang het.
    Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Dit word aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com. Landboumark
    14 min
  • The best cars we've test driven in 2026 so far
    The year isn't even out yet, and it already feels like we've driven more new cars than ever before. Budget buys, electric vehicles, luxury sports cars, bakkies, and plug-in hybrids, we've had our fair share of every segment and body type. And yet, there's even more yet to arrive before we close off 2026. In this episode, host Janine van der Post chats to fellow industry car experts Jacob Moshokoa and Tyrone Paulsen, who pick their firm favourites and the most unassuming cars that have impressed them most. Fresh episodes drop on the first working day of every month, wherever you get your podcasts.
    38 min
  • Landboumark Voorslag: Episode 14 - Magi-Clamp
    In episode 14 van Landboumark Voorslag hoor ons van Neels en Magda Grieshaber van Ellisras, wat sedert 2004 die Magi-Clamp ontwikkel - ’n gepatenteerde klamptang wat pype en draad in een beweging vasmaak. By Nampo Kaap vertel Neels van die oorsprong by oom Jimmy, die ontwerpfase wat hulle terug na eenvoud gedwing het, en hoe hulle ná 21 jaar steeds die mark se stem volg.
    Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas vandag self jou eie advertensie en laat die mark na jóú toe kom. Besoek mark.landbou.com.
    25 min

About Media24

From the publisher's feed

Welcome to the home of Media24’s podcasts - from politics to crime, weekly news, entertainment, parenting and so much more.