Media24

Media24

By Media24
Download on the App Store

Media24 episodes

  • Is Suid-Afrika in ’n grondontleding- en interpretasiekrisis?
    Grondontledings word gebruik as basis van bemestingsaanbevelings daarom is dit uiters belangrik dat die inligting wat daaruit kom korrek is. Die vraag is of boere finansieel sal baat met die konvensionele ekstraksiemetodes, oftewel “uitwasmiddels” as basis van bemestingsvoorstelle, of eerder met Mehlich-3 en wat is die slaggate. In hierdie episode van ‘Wat ’n boer moet weet’ gesels dr. Chris Schmidt, senior landboukundige, met Landbouweekblad se hoofredakteur Chris Burgess daaroor.
    29 min
  • Grondontleding: Volg akkurate metode en kry korrekte raad
    Presisiegrondontleding is ’n belangrike hulpmiddel waarvolgens ’n boer besluite oor grondaanvulling neem. Indien hierdie ontleding nie akkuraat is nie, kan dit lei tot die verkeerde bemesting wat ’n direkte impak op opbrengs en insetkoste het. In die tweede aflewering oor dié onderwerp op Wat ’n boer moet weet vertel dr. Chris Schmidt van die uitgebreide navorsing wat Kynoch gedoen het om die Mehlich-3-metode met die konvensionele toetsmetode te vergelyk.
    21 min
  • Hoe gemaak as klimaatsverandering ideale toestande vir peste skep?
    Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy nou op die hoogte wil bly van die jongste nuus, weerberigte, landboustories, of geïnteresseerd is in spesifieke bedrywe – ons bied dit en vele meer.
    17 min
  • Graansiektes is ’n realiteit, maar hier is raad wat help
    Wat is die doomsday-graansiekte wat Suid-Afrika nog nie bereik het nie, maar waaroor kenners wakker lê en wat is die groot lesse wat die uitbreek van sulke siektes ons leer? Dit is van die kwessies wat in die tweede episode van Wat die boer moet weet bespreek word.
    16 min
  • Wat 'n boer moet weet | Goss- bakteriese verwelksiekte
    Goss- bakteriese verwelksiekte het die Suid-Afrikaanse mieliebedryf aan die gons. Om ingelig te wees daaroor is nou die beste strategie sodat jy die regte besluite vir jou boerdery kan neem. Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, gesels in die heel eerste episode van sy potgooireeks Wat die boer moet weet met dr. Rikus Kloppers, ’n kenner van dié siekte wat in gewassiektes spesialiseer. Kloppers gee die agtergrond van die siekte en verskaf koelkop-raad aan boere. Die potgooireeks is daarop toegespits om boere met kennis te bemagtig. Die episode word trots geborg deur Pannar.
    18 min

About Media24

From the publisher's feed

Welcome to the home of Media24’s podcasts - from politics to crime, weekly news, entertainment, parenting and so much more.