Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle C... more
FAQs about Met Hart en Siel:How many episodes does Met Hart en Siel have?The podcast currently has 169 episodes available.
August 13, 2024Met integriteitIn hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Sarah Portal oor hoe jou kleinding van God se nabyheid te leer. Gary Power gesels oor hoe om met integriteit te leef en ds Rudi Swanepoel van die Aan-die-berg-gemeente in Northcliff, Johannesburg kuier in die ateljee. Met Hart en Siel...more1h 36minPlay
August 06, 2024Ter wille van sy NaamElizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure, vertel oor die Arise Africa veldtog. Berkoonde kinder- & jeugboekskrywer, De Wet Hugo, gesels oor sy liefde vir skryf en die lewe as laerskool-onderwyser in China. En die legendariese Sonja Herholdt kuier in die ateljee. Met Hart en Siel...more1h 35minPlay
July 30, 2024In en uit die buitelandIn hierdie aflewering word daar gesels met Kenneth de Heyn, ‘n Belgiese sendeling wat hom in Hoopstad in die Vrystaat kom tuismaak het. Lizette Murray vertel meer oor ‘n kuier by haar kinders wat in Kanada woon en die impak wat kinders wat ver bly op ouers en grootouers het. Botaniese skilder Daleen Roodt gesels oor ‘n spesiale oorsese uitstalling in Engeland waaraan sy deelgeneem het en die wonderwerke wat hierdie uitstalling voorafgegaan het. Met Hart en Siel...more1h 38minPlay
July 23, 2024Kom eenkant met 'n boekDs Jaco Strydom kuier in die ateljee om oor sy eerste roman Daka te gesels. Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai, vertel meer oor Geroep vir ‘n tyd soos hierdie. Gebedstapper, Peet Bekker, bring ‘n boodskap vir oud-soldate en Milanie Vosloo sluit die program af met ‘n stiltetyd-meditasie. Met Hart en Siel...more1h 32minPlay
July 16, 2024Maak jou merkIn hierdie aflewering gesels skrywer, Wendy Maartens, oor haar jongste reeks kinderboeke met ‘n boodskap. Esther Taljaard vertel meer oor hul opleidingskool vir digitale bediening en die rol van sosiale media in die uitdra van die boodskap van Jesus. Brandt Coetzee gesels oor ‘n koffiedrankie wat van die peul van ‘n indringerboom gemaak word en Letsie van der Bank gesels oor die Radiokansel-vroueoggend wat op 23 Augustus plaasvind. Met Hart en Siel...more1h 32minPlay
July 09, 2024Seisoene, storms en woestyneIn hierdie aflewering gesels Chris van der Merwe oor grenselose genade en dr. Isak Burger vertel meer oor die seisoene, storms en woestyne in ons lewens en hoe ons as gelowiges daarop reageer. Met Hart en Siel...more1h 31minPlay
July 02, 2024Berge in die Bybel Deel 2Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer. Met Hart en Siel...more1h 31minPlay
June 25, 2024Hoe moet ouers kinders met leerblokkasies hanteer?Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee en word daar gesels oor wat as my kind “anders” is en ons kyk onder meer na outisme, disleksie, aandag-afleibaarheid, leerblokkasies en meer. Met Hart en Siel...more1h 29minPlay
June 18, 2024Genesing vir kinderjare-traumaPastoor Natasja Kotzé van Doxa Deo gesels oor die werk wat hulle gemeente onder vroue doen. Retha Ingebleek vertel meer oor ‘n spesiale gebedsgeleentheid tydens vanjaar se SPAR Women’s Challenge Tshwane en Prof Wentzel Coetzer gesels oor kinderjare-trauma te midde van ‘n milieu van verslawing. Met Hart en Siel...more1h 39minPlay
June 11, 2024Berge in die Bybel Deel 1Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer. Met Hart en Siel...more1h 38minPlay
FAQs about Met Hart en Siel:How many episodes does Met Hart en Siel have?The podcast currently has 169 episodes available.