Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
February 19, 2016Middag op RSG 1Stel jou voor… 'n laning gloeiende bome in plaas van straatligte, wat die nag verlig. Die idee is nie so vergesog nie. Die uitvinder en ontwerper Daan Roosegaarde het reeds saam met wetenskaplikes 'n gloei-in-die-donker plant geskep. Die volgende uitdaging wat hulle nou aanpak, is bome. Dr. Eduard Venter van die Departement Plantkunde en Plantbiotegnologie aan die Universiteit van Johannesburg verduidelik hoe ensieme, wat in vuurvliegies en jellievisse voorkom, gebruik word om gloeiende bome te maak....more4minPlay
February 18, 2016Middag op RSG 1Alles in ons lewens raak slim - van ons selfone tot ons motors en nog meer - maar het jy al gehoor van 'n slimhuis? Ja, die stelsel word tuisoutomatisering genoem. Nou kan jy jou huis op 'n eenvoudige en maklike manier beheer. Ian Le Grange, produkbestuurder van Elan Systems, het aan Martin Headger verduidelik hoe tuisoutomatisering werk....more5minPlay
February 17, 2016Middag op RSG 1Antoniem karnuffel die onromantiese mans wat agter geldmorsverskonings skuil op Valentynsdag....more4minPlay
February 17, 2016Middag op RSG 1Die voormalige Engelse krieketspeler Geoffrey Boycott het gesê, “As jy wil voel hoe dit is om 'n kolwer in 'n toetskrieketwedstryd te wees, moet jy die volgende doen: gaan staan in die middel van die snelweg en vra 'n vriend om met sy motor teen 160 km per uur op jou af te pyl. Sodra hy 'n paar meter van jou af is, besluit dán watter kant toe om te spring!” Este Gross vind meer uit oor 'n Suid-Afrikaanse uitvinding, die spoedmeter, wat die blitsige spoed van 'n krieketbal meet....more5minPlay
February 16, 2016Middag op RSG 1Hoe dit voel om agter die stuurwiel van 'n supermotor te sit? Martin Headger neem jou op 'n rit van 'n leeftyd…...more4minPlay
February 12, 2016Middag op RSG 1Die keuse van oorbelle en maniere om jou ore te versier, is deesdae bykans oneindig, maar het jy al ooit gewonder waar die gebruik om gaatjies in jou ore in te skiet en oorbelle te dra, vandaan kom?...more5minPlay
February 11, 2016Middag op RSG 1Ons sukkel almal met ons selfone se beperkte batterylewe. Ons is nie altyd naby 'n kragprop, maar is gewoonlik naby sonlig. Martin Headger praat met Charlie Flipp van Htxt.Africa oor sonkraglaaiers, en hoe die tegnologie werk....more4minPlay
February 10, 2016Middag op RSG 1Het jy al ooit verby 'n verwaarloosde muur of struktuur geloop en gewens jy kon iets daaraan doen om dit mooier te maak? Volgens Chenette Swanepoel, 'n dosent in Inligting- Grafiese Ontwerp aan die Universiteit van Johannesburg, neem al hoe meer mense eienaarskap van hulle omgewing. Sy vertel van 'n pro-aktiewe vorm van bemarking, wat as guerrilla-bemarking bekendstaan, wat al hoe gewilder word....more3minPlay
February 10, 2016Middag op RSG 1Antoniem wonder wat mense sou gesê het as die pastoor 'n minister was......more4minPlay
February 09, 2016Middag op RSG 1Ludwig van Beethoven , die musikale genie, wat op dertig sy gehoor begin verloor het en in sy laaste paar jaar heeltemal doof was, sou in sy noppies gewees het oor die volgende idee. Die maatskappy, Intel, het kuns en tegnologie gekombineer om 'n Guinness-wêreldrekord op te stel vir die meeste hommeltuie wat gelyktydig in die lug is. Die vliegtuie het op die ritme van Beethoven se Simfonie no. 5 gedans....more7minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.