Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
January 26, 2016Middag op RSG 1Andy Warhol het gereken dat kunstenaars goed skep wat mense nie hoef te besit nie. 'n Visionêr, 45 jaar Warhol se senior, genaamd Walter Gropius, het anders geglo en so een van die invloedrykste kunsbewegings in die geskiedenis begin. Christelle van Tonder vertel ons meer....more4minPlay
January 25, 2016Middag op RSG 1Volgens die Washington Post sal verbruikersvriendelike hommeltuigverkope (drones) oor 'n dekade die $90-miljard kerf verbysteek – en dít is net vir diegene wat 'n hommeltuig as stokperdjie wil bedryf. Die stokperdjie kan ook omskep word in 'n winsgewinde besigheid. Om 'n hommeltuig te huur vir foto's is aansienlik goedkoper as 'n helikopter. Este Gross het saam met Jeremy Opperman sy hommeltuig gaan vlieg in die Albert's Farm-park in Johannesburg....more4minPlay
January 22, 2016Middag op RSG 1Weet jy hoeveel water jy slegs vir vandag gebruik het? Weet jy hoeveel liters jy die week gebruik het? Ek is seker dit is dalk n bietjie te veel na jou wense. Elke dag soek ons nuwe waterbesparingstegnieke wat ons kan implementeer om die water tekort in ons land te verlig. Maar hoeveel keer het jy al die volgende gehoor......more6minPlay
January 21, 2016Middag op RSG 1George Orwell is vandag presies 66 jaar terug oorlede - en steeds bly sy werk relevant. Volgens die Senior Kurrikulum beplanner van die Wes-Kaapse Onderwys Departement, Fazila Hafajee is Animal Farm steeds 'n voorgeskrewe werk, gewoonlik vir matrieks. Hafajee sê dit is 'n teks waar leerders vergelykings kan maak tussen die huidige politieke omgewing en wat in “Animal Farm” gebeur. Die begeure en temas in Animal Farm kan toegepas word in verskieie lande regoor die wêreld. Este Gross vind meer uit oor die tydlose bydrae van die Britse skrywer George Orwell....more5minPlay
January 20, 2016Middag op RSG 1'n Teologiestudent worstel met 'n paar vrae voordat sy die bediening betree....more4minPlay
January 19, 2016Middag op RSG 1Kan jy jouself op 'n gevriesde oppervlak sien staan, met niks wat jou balanseer nie - behalwe die twee lemme onder jou voete? Het jy dit al ervaar: die gevoel waar jy oor die ys gly, of selfs daarop dans of toertjies doen. Dit is ysskaats, wat meer as net 'n stokperdjie is. Al is dit nie so gewild in ons land nie, kompeteer ons steeds op 'n international vlak. Nadia Geldenhuis, 'n Suid-Afrikaanse ysskaatser vertel vir Martin Headger oor hoe sy in hierdie sportsoort vaar en waneer sy dit begin oefen het....more4minPlay
January 18, 2016Middag op RSG 1Hoeveel keer per dag kyk jy hoelaat dit is? Wens jy soms tyd kon net stilstaan; of ander kere weer: die tyd moet net vinniger beweeg. Wonder jy moontlik hoekom ons 24 ure in 'n dag het en nie 30 nie. Christelle van Tonder gaan terug in tyd…...more3minPlay
January 15, 2016Middag op RSG 1Twintig jaar gelede het Suid-Afrikaner Louis Liebenberg met die idee van die Kuburopspoorder (Cyber Tracker) vorendag gekom. Justin Steventon, rekenaarwetenskaplike. het Louis gehelp om sy droom te realiseer en die toestel, 'n deurbraak vir spoorsny, het wêreldwye media dekking geniet. Este Gross gesels met 1998 Rolex pryswenner, ook aangewys as buitengewone Professor van Harvard vir sy bydrae tot die wetenskap, Louis Liebenberg en vind uit waar dit alles begin het....more4minPlay
January 14, 2016Middag op RSG 1Het jy geweet dat Suid-Afrika reeds nege Nobelpryswenners opgelewer het? Een van die wenners is Suid-Afrikaans gebore Allan. M. Cormack wat die toekenning in 1979 gedeel het met die ontwerper van die CT –skandeerder Godfrey Hounsfield. Este Gross vind meer uit oor prof. Cormack se bydrae tot die uitvindsel en mediese deurbraak....more4minPlay
January 13, 2016Middag op RSG 1Watter videospeletjie is jou gunsteling? Dis nou al so gemoderniseer dat dit byna onmoontlik is om te dink aan waar alles begin het. Wie was die persoon wat eendag gesit en dink het...kom ons maak 'n videospeletjie. Sue Pyler het wel gaan sit en dink wie is die persoon wat as die Vader van Videospeletjies bekend staan....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.