Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
July 27, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 25Nog nooit het een koffertjie soveel bespreking ontlok nie. Daar is meer vrae as antwoorde. En dan stop die damwerkers weer alle werksaamhede by die dam en die hele dorp tou dam toe. Die televisiewaens sak van oral af op Wingerdvlei toe. Skielik gons die land nie langer oor Wingerdsvlei se voortreflike wyne nie - dit gons oor die moorde op die dorp....more16minPlay
July 26, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 24Die bruin koffertjie maak amok. Die arme Dennis September weet nie vorentoe of agtertoe nie. Hy berou die dag wat hy die koffertjie raakgesien en oopgemaak het. Dis asof die koffertjie hom al die pad aan die agterent hap....more17minPlay
July 25, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 23Florence is impulsief van geaardheid, maar sy tree van nature in die bresse vir die verontregte. Haar metodes is nie altyd konvensioneel nie. Soms is sy soos ‘n bulhond wat nie los as sy eers gebyt het nie. En die bruin koffertjie haal dit alles uit Florence!...more17minPlay
July 22, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 22Pietman Radlof het besluit om Sonja Radlof met ‘n egskeidingsbevel storm te loop en haar aan te vat. Natuurlik sal Sonja dit nie gelate aanvaar nie. Sy sal nooit ondergaan sonder ‘n geveg nie. Dis asof Pietman die slegste in haar uitbring....more18minPlay
July 21, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 21Florence Viljoen het nie ‘n einde nie, en Andries Roux moet dit ontgeld. Buks Marais kry meer as een verrassing. Hoe hard Dennis September ook al probeer om laag te lê, die moeilikheid sien hom raak....more17minPlay
July 20, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 20Michelle Marais begin spook by Buks Marais en Sonja Radlof. Nuwe planne is nodig en kan nie langer uitgestel word nie. Pietman Radlof verras vriend en vyand. Andries Roux is stom oor Florence se mal plan, maar Florence is ‘n weduwee en weduwees is Andries se achilleshiel....more16minPlay
July 19, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 19Glennis de Bruyn is by ‘n kruispad in haar lewe. Sy moet dringend ernstige besluite neem. Dennis September weet nou verseker die lewe se sonkant het hom die rug gekeer. Florence Viljoen het geen genade vir hom nie....more16minPlay
July 18, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 18Dit word ‘n dag wat sowel Dennis September as Glennis de Bruyn wil vergeet… as hulle maar kon. Dis of die moeilikheid al agter Dennis aanloop. Angie is terug uit Stellenbosch, en sy loop haar in Buks Marais vas. Sy kry hulp uit ‘n onverwagse oord....more17minPlay
July 15, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 17Daar is ‘n bruin koffertjie op ‘n rak in die buitegebou op die Maraislandgoed. Dit was altyd daar, feitlik al twee jaar lank. Maar noudat Dennis September die buitegebou reggepak het, is die bruin koffertjie soek, en skielik is die Maraislandgoed in rep en roer....more16minPlay
July 14, 2022OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 16Dis moeilik om twee kliënte oor dieselfde saak tevrede te hou. Tog probeer Andries Roux om dit te doen. Florence Viljoen kom agter dis toe nie so maklik om ‘n belofte gestand te doen nie. Die skurke wat die pakkie kokaïen soek, is onverbiddellik....more17minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.