Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
November 16, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 45Armani gaan soek Wikus by Jana se huis. Sy moet hoor dat Wikus op Duinebult is om Jana terug te wen. Jana maak dit duidelik dat sy nie belangstel nie. Wikus erken, ná ’n konfrontasie met Armani, dat hy inderdaad vir Jana wil terughê. Sy gaan soek troos by Du Preez. Thys vind uit Piet is nog springlewendig....more15minPlay
November 15, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 44Du Preez en Piet ontferm hulle oor Thys, en maak planne om die perlemoenstropers in te wag en bewyse bymekaar te maak. Riekie gee ook vir Du Preez welkome inligting. Die vraag is of sy na Du Preez sal luister en haar uit alles sal hou, of gaan sy haar neus dieper insteek?...more15minPlay
November 14, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 43Tryna is ontsteld oor iets wat sy gehoor het. Sy vra raad by Jana. Du Preez verras Jana in die buitestort. Wat sal sy daarvan sê, en hoe gaan sy reageer? Is Tryna en Vytjie weer in gevaar?...more16minPlay
November 11, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 42Armani kom op Duinebult aan. Behalwe dat sy Wikus se planne kom deurmekaar krap, dryf sy hom van die staanspoor af teen die mure uit. Hy is ook gefrustreerd omdat hy nie aan boord kan kom met Gys se nuwe belegging nie, en hy nie wil glo dat Jana aanbeweeg het nie....more16minPlay
November 10, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 41Wikus het ’n paar van Duinebult se mense op hol met sy optrede en sy poging om Jana terug te wen. Trix weier om toe te laat dat hy Jana en Du Preez se verhouding verongeluk. Sy laat nie op haar wag nie, maar kontak Armani, en bring haar op hoogte van die motief agter Wikus se teenwoordigheid op Duinebult....more14minPlay
November 09, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 40Gys en Evelyn loop mekaar raak langs Leonard se hospitaalbed. Is Evelyn regtig so onaangeraak deur Leonard se teenwoordigheid op Duinebult soos sy te kenne gee, of nie? Trix is nie meer so verlief soos sy gedink het nie, terwyl Du Preez die knoop so vinnig moontlik wil deurhaak. Piet maak sy verskyning terwyl Jana by Du Preez is. Du Preez moet noodgedwonge verduidelik....more14minPlay
November 08, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 39Steward raak bietjie senuagtig omdat sy en Kromhout se planne nie heeltemal verloop soos dit moet nie. Hy en Evelyn is ook nie op ’n goeie plek nie. Verder hou Leonard Theron vir hom ook nog ’n bedreiging in. Gelukkig is alles wat op Duinebult gebeur nie net negatief nie. Evelyn en Riekie maak vrede, en Dawie is dapper genoeg om die groot vraag te vra....more16minPlay
November 07, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 38Steward en Evelyn stamp koppe. Speurder Theron probeer agterkom hoekom Evelyn dink hy was ontrou aan haar. Is Steward wie hy voorgee om te wees, of kom sy ware kleure nou na vore?...more15minPlay
November 04, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 37Wikus wil nie aanvaar dat Jana hom nie wil terughê nie. Hy probeer om Du Preez aan te vat. Sal hy regkom? Gert bieg teenoor Steward dat hy verantwoordelik is vir Vytjie se swangerskap. Du Preez maak die ontwikkeling ook nou sy besigheid. Wie steek wat weg?...more15minPlay
November 03, 2022DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 36Pastoor praat met Tryna oor haar en Emily se vriendskap. Tryna besef sy sal moet gaan regmaak. Sy voel immers verantwoordelik dat Thys die pad byster geraak het....more16minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.