Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
February 14, 2020MiddagvervolgverhaalJolene kry toestemming by haar ma om Jantjies te vergesel vir die pizza-afspraak, maar met streng voorwaardes. Basjan besluit om Ansie te verras met 'n bottel wyn, maar vind haar in 'n terneergedrukte toestand. Fanie konfronteer Basjan oor sy mynbedrywighede by die ontwikkeling....more0minPlay
February 13, 2020MiddagvervolgverhaalSpeurdersersant Jantjies doen navraag by Christa oor die twee kêrels wat vir water boor by die oordontwikkeling. Herbert vra Daleen of hy vir Jolene mag uitneem vir 'n pizza. Belinda loop in Christa vas by die bank in Upington, en merk op dat sy 'n groot bedrag geld onttrek....more0minPlay
February 12, 2020MiddagvervolgverhaalBasjan ontstel Ansie wanneer hy navraag doen oor Francois. Speurdersersant Jantjies nooi Jolene uit vir 'n pizza. Christa vertel Ansie dat sy die losprys vir Francois môre in Upington sal gaan haal. Ansie is nie gelukkig dat Jolene saam met Jantjies 'n pizza wil gaan eet nie....more0minPlay
February 11, 2020MiddagvervolgverhaalHerbert en Daleen besoek Witsand om te kyk of hulle nie Francois se bakkie kan opspoor nie. Belinda konfronteer vir Basjan oor sy stelling dat hulle huwelik net 'n opoffering was. Fanie vererg hom vir kaptein Jafta nadat sy dreig om hom op te sluit as hy nie ophou om in te meng met hulle ondersoek nie....more0minPlay
February 10, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie herstel nadat sy flou geval het tydens haar gesprek met oom Fanie. Belinda is bekommerd oor Ansie. Fanie verduidelik sy Reid-ondervragingstegniek aan speurdersersant Jantjies, wat diep geamuseerd is....more0minPlay
February 07, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie en Christa wag angstig op Francois se ontvoerders om hulle te bel. Christa reël met Basjan om die R2-miljoen rand in die hande te kry vir Francois se vrylating. Fanie deel sy gedagtes oor vlieënde pierings met Ansie....more0minPlay
February 06, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie vertel haar ma van die vreemde oproepe wat sy vanaf Francois se foon ontvang het. Fanie deel met kaptein Jafta die nuus dat hulle Francois se selfoonsein opgespoor het by Witsand. Christa vertel Ansie dat sy ook gebel is, en dat Francois inderdaad ontvoer is....more0minPlay
February 05, 2020MiddagvervolgverhaalFanie besoek 'n vriend van hom in Upington, wat Francois se foon se sein gaan probeer opspoor. Ansie ontvang 'n oproep van Francois se selfoon, maar niemand praat aan die ander kant nie....more0minPlay
February 04, 2020MiddagvervolgverhaalBasjan stel voor dat hy en Christa dinge rustiger vat met hulle verhouding terwyl hy by die gastehuis bly. Kaptein Jafta en Herbert bespiegel oor die eintlike rede hoekom Francois verdwyn het....more0minPlay
February 03, 2020MiddagvervolgverhaalSpeurdersersant Jantjies doen navraag by Ansie oor Francois se skielike verdwyning. Belinda vra vir Jolene om 'n ogie oor Ansie se welstand te hou. Fanie Louw besluit hy gaan uitvind waar Francois is....more0minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.