Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
January 17, 2020MiddagvervolgverhaalBelinda is terug, en Ansie is bekommerd dat haar ma steeds saam met Basjan in die huis wil woon. Francois en kaptein Jafta stel ondersoek in nadat Dirk se kollega, Willie, aandui dat Dirk al twee dae lank vermis is. Hulle kom op 'n grusame vonds af op 'n kleinhoewe buite die dorp…...more0minPlay
January 16, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie konfronteer Basjan oor sy verhouding met Christa, en verneem dat Basjan en haar ma gaan skei. Fanie Louw is ongelukkig dat daar foto's van hom in sy baaikostuum langs die swembad op die gastehuis se sosialemediablad geplaas is. Dalene ontvang slegte nuus oor Jolene se pa....more0minPlay
January 15, 2020MiddagvervolgverhaalBasjan besluit om oop kaarte te speel met sy en Christa se verhouding, maar sy waarsku hom daarteen. Fanie bevraagteken of die bekende TV-ster wel by die gastehuis tuisgaan. Christa bieg teenoor Basjan dat Dirk haar gehelp het om die juwele, wat Ansie gesteel het, te verdoesel en dat Dirk haar nou afpers....more0minPlay
January 14, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie verneem haar pa het skielik teruggekom, en vra Francois om Basjan by die lughawe te gaan haal. Fanie Louw daag uit die bloute op vir Jakob se begrafnis, en wil die TV-ster ontmoet toe hy hoor sy vertoef ook die naweek by die gastehuis....more0minPlay
January 13, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie vra Jolene om die besoek van die TV-ster by die gastehuis stil te hou. Kaptein Jafta en Dirk Dippenaar besoek weer Jakob se kweekhuis om te bepaal hoe die swart mamba daar ingekom het....more0minPlay
January 10, 2020MiddagvervolgverhaalFrancois daag by Jakob Maritz se huis op, en verneem dat hy deur 'n swart mamba gepik is. Ansie is ontsteld wanneer sy die nuus verneem van Jakob se ongeluk, en dat hy dood is. Die dorp is op hol dat daar moontlik nog 'n slang, of slange, mag wees....more0minPlay
January 09, 2020MiddagvervolgverhaalAnsie vra Jolene om in die vervolg net as sjef in die gastehuis se kombuis te werk, en dat sy van plan is om die restaurant vir die publiek oop te maak. Francois kry 'n oproep van Dirk dat daar 'n voorval by Jakob Maritz se huis was, en dat hy moet oorkom....more0minPlay
January 08, 2020MiddagvervolgverhaalDirk deel die nuus met Basjan dat die Duitsers se juwele op die duine buite die dorp gevind is. Jakob vra Christa om verskoning vir sy gedrag, vertel haar dat hy nog lief vir haar is. Christa pleit by Basjan om haar saam Frankfurt toe te neem....more0minPlay
January 07, 2020MiddagvervolgverhaalFrancois keer terug van Bloemfontein, en verras 'n terneergedrukte Ansie. Jakob Maritz pleit sy onskuld by kaptein Jafta oor die Duitsers se juweeldiefstal. Francois en sy ma sit vas oor Ansie....more0minPlay
January 06, 2020MiddagvervolgverhaalDirk deel Basjan mee dat hy vir Jakob Maritz ook op die oggend van die juwelediefstal by die gastehuis sien ronddwaal het. Jakob konfronteer vir Christa omdat hulle hom van die diefstal verdink. Dirk krap rond in die kantoor by die gastehuis, en vind 'n verrassing in Belinda se laai....more0minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.