Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
September 15, 2016MiddagvervolgverhaalBart en Lennon moet by die hawe uitkom, maar daar is vir hulle net een manier. Rachel en Raps volg hulle en sien dat hulle gevang sal word. Rachel besluit om haar skuite aan die brand te steek sodat Lennon kan wegkom uit die hawe sonder dat iemand hom raaksien. Sal dit werk?...more12minPlay
September 14, 2016MiddagvervolgverhaalDie tronk se dokters besluit dis beter om Sweis weer in die tronk se hospitaal te hou, en Sweis verloor dit. Suzanne konfronteer vir Bart oor waarmee hy besig is, en hy kom met die hele sak patats vorendag. Wat sal Suzanne se reaksie wees? Sal sy Bart by die polisie aangee of hom toelaat om Lennon te help?...more11minPlay
September 13, 2016MiddagvervolgverhaalSweis moet terug tronk toe vir 'n klomp toetse en Bart is bang hulle sal hom daar wil hou. Lennon moet deur die kafee in die myn se stoorkamers in, en Raps hou 'n oog oor hom. Suzanne praat met Bart oor hulle twee se verhouding. Sal sy dit wil stop voor daar iets ernstig tussen hulle ontwikkel?...more12minPlay
September 12, 2016MiddagvervolgverhaalDaleen hou niks van die verhouding tussen haar ma en Bart nie, en probeer 'n stokkie daarvoor steek. Rachel en Raps gaan kyk by die walvisstasie of Lennon daar wegkruip. Sal hulle hom vang?...more12minPlay
September 09, 2016MiddagvervolgverhaalNina is bekommerd oor Storm wat net verdwyn het, en begin na hom soek. Lennon besef die sakke met al sy besittings is in die mynmaatskappy se stoorkamers toegesluit. Hy kan nie vlug sonder dit nie. Wat gaan hy, Bart en Sweis doen om die sakke terug te kry?...more12minPlay
September 08, 2016MiddagvervolgverhaalBart probeer vir Lennon oorreed om so vinnig as moontlik uit die dorp te kom, maar Lennon het ander planne. Raps en Rachel sluit vir Storm toe in een van die spoorweghuis se kamers. Wat is hulle van plan om met hom te doen?...more11minPlay
September 07, 2016MiddagvervolgverhaalHester, Dalene en Suzanne praat oor liefde en toekomsplanne. Storm kom agter dat Rachel iets met Amanda se verdwyning te doen gehad het. Rachel vang vir Storm waar hy rondsnuffel in die huis waar Amanda doodgemaak is. Die spanning tussen die twee bou nou al vir 'n lang tyd op - wat gaan gebeur?...more14minPlay
September 06, 2016MiddagvervolgverhaalDalene konfronteer haar ma oor haar verhouding met Bart. Storm kom af op Lennon waar hy in een van die Spoorweghuise wegkruip. Sal Lennon vir Storm kan oorreed dat hy net 'n boemelaar is, of sal Storm snuf in die neus kry?...more12minPlay
September 05, 2016MiddagvervolgverhaalSweis konfronteer vir Rachel oor Amanda se verdwyning. Bart en Sweis het vir Lennon uit die tronk se hospitaalkamer, maar moet hom nog van die tronk se perseel af kry. Sal hulle net by die hoofhek kan uitry?...more12minPlay
September 02, 2016MiddagvervolgverhaalHester verduidelik aan Storm wat die geskiedenis van die spoorweghuise is en hoe Rachel hulle almal opgekoop het. Sweis en Bart begin met hulle plan om Lennon uit die tronk te kry. Sal hulle gevang word?...more12minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.