Ons kry insig van 'n politieke ontleder en toekomskundige oor die Staatsrede - in hierdie gesprek plaas ons onder meer die fokus op die vier prioriteitsareas wat president Ramaphosa aangeraak het, en vra of die regering se planne voldoende toekomsgerig is? Die Weerdiens sê swaar reën word vir die volgende week in die noorde van KwaZulu-Natal en Mpumalanga verwag - ons praat met 'n weerkundige oor die baie reën en bewolkte weer wat die afgelope paar weke oor groot dele van die land voorkom. In Amerika sê die Demokrate daar móét opgetree word teen oudpresident Donald Trump.