Die minister van polisie vergader vanmiddag met verskeie landbou-organisasies en ander rolspelers oor plaasaanvalle en ander kwelpunte. Politieke partye begin reeds hulle tande slyp vir volgende jaar se plaaslike en munisipale verkiesings, maar hoe betroubaar is diensleweringsyfers waarmee daar op veral plakkate en advertensieborde gespog word? Die AARTO-wet word na verwagting volgende jaar an krag - 'n kenner deel haar mening hieroor. En talle mense sukkel steeds om hulle bestuurderslisensies te hernu - hoe nou gemaak?