Action SA is amptelik as 'n politieke party geregistreer. Plaasbewoners op die Hakahana plaas buite Kimberley sê die eienaar het hulle watertoevoer afgesny, omdat hy hulle van die plaas wil af dwing. Ons praat met 'n sielkundige oor pandemievoosheid, die term wat medici gebruik om mense se verbreking van COVID-maatreëls te verduidelik. Meksikaanse wetenskaplikes glo hulle het dalk 'n nuwe spesie snoetwalvisse ontdek.