Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die VN se Veiligheidsraad moet hervorm word. Ons bring hulde aan Stan Henkeman, die ontslape uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening. Die toename in geslagsgebaseerde geweld tydens COVID-19 beteken minder geld en skuilplek wat nie-regerings organisasies aan slagoffers kan bied. Die Overstrand munisipaliteit in die Wes-Kaap het inwoners gevra om miljoene klein plastiekballetjies op te tel wat op die strand by Onrus lê.