Politieke partye sê die ANC-veteraan en sakeman, Tokyo Sexwale, se bewerings oor 'n fabelagtige internasionale fonds en die diefstal daarvan moet indringend ondersoek word. Die bekende menseregteprokureur Richard Spoor bied aan om oudpresident Jacob Zuma met sy korrupsieverhoor gratis in die hof te verteenwoordig. 'n Joodse rabbi red 'n afskrif van die Torah uit een van die geboue op die kampus van die Universiteit van Kaapstad tydens verlede week se brande.