Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bereken nog die skade wat deur Tropiese Storm Eloise aangerig is. Leerlinge in privaatskole sal Maandag terugkeer skool toe. Die Restaurant-vereniging van Suid-Afrika het gister met 'n protesaksie by die Uniegebou begin in 'n poging om met president Cyril Ramaphosa te vergader. Wetgewing oor politieke partye se befondsing tree op 1 April in werking.