Die onsekerheid oor die regering se aankoop en verspreiding van entstowwe maak plaaslike markte senuweeagtig. 'n Politieke wetenskaplike sê dit is ontsettend belangrik dat die plaaslike verkiesings afsonderlik gehou word van die nasionale verkiesings. Die president sê die stryd teen klimaatsverandering sal in 2021 'n prioriteit vir die regering wees. Veeartse in Suid-Afrika wil ingesluit wees in die regering se nasionale inentingsuitrolplan.