Die wynprodusente-organisasie, VinPro, gaan voort met regstappe teen die regering. Intussen het die Biervereniging van Suid-Afrika die gedeeltelike opheffing van drankverbod verwelkom. Die DA woordvoerder vir watersake in die Mangaung Metro, Rossouw Botes, sê die aanhoudende gebrek aan waterdienslewering duur voort in weerwil van goeie reën. Ons kyk na die benoemings vir die Nobelprys vir Vrede en hoe dié proses werk.