* Die restaurantbedryf regaeer met misnoë op die jongste inperkingsregulasies, wat ondermeer alkoholverkope geheel en al verbied. Werkers wat Covid-19-toetse uitvoer, eis voorrang as dit by inentig kom. Verskeie instansies wys die vinger na mekaar ná enkele sterfgevalle by die Beitbrug-grenspos. Inwoners van Chartwell en Olievenhoutbosch in die noordweste van Johannesburg is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir 'n seekoei in die omgewing.