Reaksie op SANRAL se waarskuwing aan motoriste dat hulle nie hulle voertuiglisensies sal kan hernu as hulle uitstaande e-tolskuld het nie. Die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se vroueorganisasie, dr. Phumzile Mlambo-Ngucka, meen spesiale kwotas moet ingestel word om die aantal vroue in leierskapposisies te vermeerder. Die hertog en hertogin van Sussex se omstrede onderhoud met Oprah Winfrey is in Amerika uitgesaai. Verskeie opposisiepartye in die parlement dring daarop aan dat die Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, uit haar amp verwyder word.