President Cyril Ramaphosa het bevestig dat Ace Magashule Saterdag voor die ANC se Integriteitskomitee sal verskyn. Ons kyk na dié en ander sake wat by ANC se NUK-vergadering bespreek is. Ons vind meer uit oor 'n tongverplasende luis wat pas deur 'n span Suid-Afrikaanse wetenskaplikes beskryf en benoem is. Die Internasionale Olimpiese Komitee het vier nuwe sportsoorte goedgekeur vir die Olimpiese Spele wat in 2024 in Parys gehou word. Branderplankry, skaatsplankry, klimsport en "breakdance" sal vir die eerste keer ingesluit word. Die internasionale nuusfront word oorheers deur nuus oor inentings teen Covid-19.