Die Franse Senaat het besluit om geen vernuwing toe te laat in die restorering van die Notre Dame katedraal nie. Die katedraal sal herstel word om te lyk soos hoe dit was nadat dit in die negentiende eeu gerestoureer is. Wêreldwyd het vooraanstaande argitekte hulle potlode geslyp vir die kans om 'n kontemporêre aanslag vir die katedraal te bring, soortgelyk as wat die glas piramiedes vernuwing aan die Louvre gegee het. Anna-Marie Jansen van Vuuren het met Dr Marilyn Martin, 'n argitek en ere-navorsingsgenoot in kunsgeskiedenis by die Universiteit van Kaapstad hieroor gepraat.