Die benoemings vir Suid-Afrika se weergawe van die Oscars, die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings, oftewel die SAFTAS, is pas bekendgemaak. Die kinematograaf, Willie Nel, is met twee SAFTA-benoemings in dieselfde kategorieë vereer. Hy het die kinematografie behartig van beide "Die verhaal van Racheltjie de Beer" sowel as "Knuckle City". Nel het vir Anna-Marie Jansen Vuuren vertel gesê dat dit 'n groot eer is om raakgesien te word deur kenners op die gebied van kamerawerk.