Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, het aangekondig dat 'n bykomende 648 hektaar staatsgrond vir behuisingsontwikkeling beskikbaar gemaak is. Dit volg nadat 167 erwe van sowat veertienduisend hektaar in Oktober verlede jaar vrygestel is. De Lille sê die vrystelling van grond is deel van die regering se grondhervormingsproses wat op die wyse bespoedig sal word.