'n Groep inwoners van Kaapstad het besluit om die erge besoedeling van riviere in die stad self by die horings te pak. Gemeenskapslede wat deel vorm van die Help Up beweging, poog om rommel uit die Swart rivier, asook ander riviere en stormwaterpype te verwyder. Die program poog om gemeenskapslede te bemagtig met vergoeding, en deur gemeenskapslede self in beheer van hulle opruimaksies te plaas. Marlinee Fouche doen verslag.