Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die vierde kwartaal van 2019 met 1,4% gekrimp - volgens die nuutste Bruto Binnelandse Produk syfers wat gister deur Statistiek Suid-Afrika bekendgestel is. Dit volg op 'n inkrimping van 0,8% in die derde kwartaal - wat beteken dat die ekonomie reeds vir die laaste helfte van 2019 in 'n resessie was. Suid-Afrika was laas in 2018 in 'n resessie. En hierdie is die derde resessie sedert 1994. Ons gesels nou hieroor met die ekonomiese raadgewer by die Optinum Belggingsgroep, Roelof Botha.