Die plaaslike fliek "Losing Lerato" is met ses toekennings by die "Idyll Wild" internasionale rolprentfees in Kalifornië bekroon. Die toekennings sluit in: beste akteur, beste aktrise, beste oorspronklike klankbaan, 'beste spel van 'n kinderakteur' sowel as 'gehoorgunsteling'. In mediafoto's pryk die wenners met hul trofees - geklee in aandklere sowel as gesigsmaskers vir beskerming teen die Covid 19-virus. "Losing Lerato" se draaiboekskrywer, Ricardo Arendse, het weens sy verpligtinge by die Stellenbosch Woordfees nie die toekenningsgeleentheid bygewoon nie. Maar hy het aan Anna-Marie Jansen van Vuuren vertel hoe trots hy op die rolprent se prestasies is.