In Victoria Wes in die Noord-Kaap probeer plaaslike entrepeneurs reeds 'n geruime tyd om meer toeriste na die bestemming te lok. Volgens 'n restaurant-eienaar in die dorp is die regering se nuwe strenger Covid-19 beleid besig om al hierdie planne te snoeker. Intussen meen nog 'n restaurant eienaar van Bloemfontein, dat hierdie maatreëls gaan maak dat meer mense van die honger as van die Covid-19 virus gaan doodgaan. Anna-Marie Jansen van Vuuren het met 'n paar eienaars en bestuurders van restaurante oor die land gepraat en hierdie verslag saamgestel.