Die publiek het sedert President Cyril Ramaphosa se aankondiging Maandagaand, daagliks kosvoorraad by winkels gaan aankoop. In die lang rye om te betaal, het min mense hulle gesteur daaraan om 'n veilige afstand tussen mekaar te handhaaf. Kan dit moontlik veroorsaak het dat ons in die volgende paar dae 'n toename in bevestigde COVID-19 gevalle gaan sien as gevolg hiervan? Ons gesels met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, beter bekend as SAMA, dr Angelique Coetzee.