In die program: Navorsers ondersoek die invloed van die Grendeltydperk op mense se slaappatrone en daaglikse roetine.; Justin Kennerley en Suzanne Paxton het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op patrollie uitgegaan in Rabie Ridge in Midrand, Gauteng.; Die aanvraag na pynappels neem toe.; en Landwyd word daar daagliks kos uitgedeel aan duisende mense, soos wat die inperkingstyd aanstap en die beursies leeg word.