Daar word daagliks in die media oor die Mokgoro-ondersoek, die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie berig. Maar hoe groot is hierdie ondersoeke op sosiale media? Die direkteur van Acumen Media, Tonya Khoury, het aan Jean Esterhuizen gesê die staatskapings-kommissie is verreweg die gewildste onderwerp onder sosiale media gebruikers.