Verskeie lande reageer op Venezuela se opposisie leier, Juan Guaidó, wat hom as tussentydse president verklaar het. Landburgers betoog teen President Nicolas Maduro se regering en vra dat 'n verkiesing gehou moet word. Maduro is op 10 Januarie as president ingehuldig. Johannes Myburg, 'n joernalis by die nuusagentskap, Agence France Presse in Sao Paulo in Brasilië, het aan Jean Esterhuizen gesê die situasie in Venezuela is gespanne.