Die ambassadeurs van Duitsland, Nederland, Switserland en Amerika asook die Hoë Kommissaris van Brittanje ontken dat hulle 'n voorskriftelike brief oor korrupsie in SA aan president Cyril Ramaphosa gestuur het. Dit volg na 'n berig in Sunday Times hoe die lande glo regstreeks aan Ramaphosa voorskryf hoe hy korrupsie in SA moet hanteer. Die departement van buitelandse sake en die ANC het skerp hierop gereageer. Die lande het in 'n gesamentlike verklaring aangedui dat die dokument ter sprake 'n besprekingsagenda was tydens 'n beleggingsvergadering met Ramaphosa. Izak du Plessis praat daaroor met die oudambassadeur Dawie Jacobs en die politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood