Hoewel daar sedert Desember miljoene rand se perlemoen in die Wes-Kaap gekonfiskeer is tydens vyf klopjagte, gaan stropery onerverpoos voort. Die vraag is groot, en die sindikate moet voorsien. Inwoners aan verskeie kusdorpies, het aan Monitor gesê hulle is raadop, en word boonop geïntimideer deur stropers wat toenemend gemaklik raak op die land se strande. In een van die dorpies het Hendrik Smith*, wat betrokke is by verskeie pogings teen perlemoenstropery, ons 'n kykie gegee na hoe dit op sy dorp werk. Hy het Marlinee Fouche geneem na een van die plekke waar die stropers die see binnegaan.
* Skuilnaam