Agri SA het Vrydag met 'n Amerikaanse afvaardiging in Pretoria ontmoet, om grondonteiening te bespreek. Agri SA wil hê dat die Trump-administrasie druk op die ANC-regering plaas, om nie produktiewe landbougrond by boere af te vat nie. Dit volg op die ANC in die Noord-Kaap se skok-aankondiging vroeër, dat die party 'n lys saamgetel het om 30 produktiewe plase in die provinsie sonder vergoeding te gryp. Die lys is egter die volgende dag herroep. Omri van Zyl, die uitvoerende hoof van Agri SA, brei uit...