Suid-Afrika het nou sy eie waarskuwingstelsel om jou oor uiterste weerpatrone of omstandighede in te lig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het dit saam met die Nasionale Rampbestuursentrum ontwikkel. 'n Senior weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Jacqueline Riet, het aan Hendrik Martin gese^ die nuwe stelsel is gemik op die waarskynlike impak wat weer op mense se lewens kan he^.