Tanzanië het die gebruik van plastieksakke vanaf 1 Junie verban. Die land het ook reisigers gewaarsku dat plastieksakke nie vanaf 1 Junie die land binnegelaat sal word nie. Wêreldwyd het plastiekproduksie die afgelope 50 jaar van 15 miljoen ton tot 348 miljoen ton gestyg. Daar word geskat dat 13 000 stukkies plastiekrommel in elke vierkante kilometer van die see gevind kan word. Suid-Afrikaners is ook skuldig, en gebruik byna 'n 140 kilogram plastiek per persoon per jaar, waarvan net minder as die helfte herwin word, sê 'n Navorsings-professor verbonde aan die Universiteit van Noordwes, Henk Bouwman...