Die Inxuba Yethemba Munisipaliteit in die Oos-Kaap het onlangs 'n kennisgewing van Eskom ontvang dat massa-kragonderbrekings vanaf 4 Junie toegepas sal word, indien die munisipaliteit nie sy betalings-ooreenkoms met die kragreus nakom nie. Die munisipaliteit, wat die dorpe Cradock en Middelburg insluit, skuld Eskom reeds sowat 98-miljoen rand. Die Inxuba Yethemba Munisipale bestuurder, Xolela Msweli, sê die munisipaliteit het reeds voordat die kennisgewing uitgereik is, met Eskom vergader om die saak te bespreek.