Die Universiteit van Kaapstad maak gereed om die oorblyfsels van nege geraamtes aan hulle afstammelinge in Sutherland in die Noord-Kaap te oorhandig. Die universiteit was besig met 'n ouditproses van sy geraamte-argief toe die beendere verlede jaar in sy versameling ontdek is. Volgens argeoloë en ander kundiges aan die universiteit, dateer die beendere uit die negentiende eeu. Annelene Moses het meer besonderhede......