Die gemeenskap van Delft op die Kaapse Vlakte is pal in die nuus vir die verkeerde redes, maar nou is daar goeie nuus. 'n Ma wat aangeneem het dat haar seun dood is nadat hy ses jaar gelede vermis geraak het buite hulle huis, is met hom herenig. Jane en haar seun, Denzil Daniels, het gister in Kaapstad aangekom. Dit is nadat sy na eSwatini moes reis om Denzil terug te bring. Ons Wes-Kaapse korrespondent, Carmel Loggenberg Roberts het meer besonderhede.